Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Redenaars maak tonge los

Die Eunice High School het op 12 en 13 April aan die uitdunronde van die Radikale Redenaars-kompetisie by die Meisieskool Oranje deelgeneem.

Sunica Bruwer het ’n A+-simbool in Afrikaans (huistaal), Afrikaans (eksperimenteel) en Engels (addisionele taal) verwerf, asook ’n A-simbool in die tweetalige afdeling.

In die afdeling Afrikaans (huistaal) het Charleen Fourie en Katelyn van der Merwe albei ’n A-simbool verwerf, terwyl Jacolette Wessels en Danielle van Zyl albei ’n A+-simbool behaal het. Alanis Alvarez Aranda is met ’n A+-simbool in Afrikaans (addisionele taal) beloon.

Op 15 April het Sunica en Charleen A+-simbole in die Oppie Tong Af-kompetisie vir openbare optrede verwerf.

Dié kompetisie is by die Hoërskool Jim Fouché aangebied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.