Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Reënval eenders

Die reënval in Mei vanjaar in die noorde van Bloemfontein was feitlik gelyk aan die reënval in Mei verlede jaar.

Vanjaar in Mei het 27 mm reën uitgesak en verlede jaar 28 mm.

Wat meer is, is dat Mei verlede jaar gegroet is met 3 mm op 31 Mei en vanjaar het 2 mm op 30 Mei geval.

Dit wil darem voorkom of die damme vanjaar – ná die goeie reën in Februarie en April – voller is as verlede jaar.

Water bly egter steeds ’n luukse. Die stadsvaders het al klaar aangekondig dat gebruikers van 1 Julie af heelwat meer vir water moet opdok.

Waterbesparing bly dus inwoners se voorland.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.