Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rekord ná 38 j. opgestel

Archie Markgraaff, wat al 38 jaar aan tweekamp deelneem en landwyd hierby betrokke is, het op Saterdag 2 Februarie sy eerste Suid-Afrikaanse rekord in dié sportsoort opgestel.

Hy het die rekord in die senior meesters-afdeling (mans 70 jaar en ouer) op die interprovinsiale mini-tweekampkampioenskappe waaraan 600 atlete van oor die land heen deelgeneem het, verbeter. Hy het ook die beste swempunte op die byeenkoms, wat bepaal word deur prestasie in jou ouderdomsgroep, behaal.

Hy het 2 399 punte behaal en die 400 m-hardloop in 2:06 en die 50 m-swem in ’n tyd van 39 sekondes voltooi. Hy het teen die vorige rekordhouer van die Westelike Provinsie meegeding toe hy die tyd in dié nommer verbeter het.

Frikkie Botes, self ’n oud-Sprinbok in tweekamp en nou die voorsitter van Suid-Vrystaat Tweekamp, sê tweekamp is die grootste gesinsport in Suid-Afrika.

Die Suid-Vrystaatse kampioenskappe word Dinsdag (25/02) by die Kovsie-swembad en Pelliespark op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat aangebied. Die byeenkoms is vir deelnemers in alle ouderdomsgroepe van o.8 tot meesters (70 jaar en ouer) en afstande hang van jou ouderdomsgroep en geslag af.

’n Komitee sal by die byeenkoms die Suid-Vrystaat-span aanwys wat op 19 en 20 Maart aan die Suid-Afrikaanse tweekampkampioenskappe in Oudtshoorn deelneem.

Inskrywings kan nog tot Vrydag (21/02) gedoen word deur ’n e-pos na sfstweekamp@fcbcost.co.za te stuur.

Laat inskrywings kan Dinsdag tydens registrasie om 13:00 gemaak word. Toegang vir ondersteuners is R10.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.