Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Reünie kom op die planke

Die Vrystaat Kunstefees was ’n reünie in die kleine toe vyf oud-dramaleerlinge aan die Hoër Meisieskool Oranje, wat intussen professionele akteurs geword het, die planke betree het.

Schoemé Grobler, Loané van Sandwyk, Martelize Kolver, Jana Coetzer en Hilletje Möller-Bashew was gesamentlik in agt produksies en 25 optredes betrokke.

Kolver het in Katvoet gespeel, Coetzer en Möller-Bashew in Die Koning sterf, Van Sandwyk in Francie en haar foon en Grobler in Archipelago, Babah go round, Loeloe se liewe lawwe loskop ouma! en Rondomtalie.

Möller-Bashew, wie se skoonma, die sanger Clarabelle van Niekerk, ook ’n oudleerling aan Oranje is, het die viool in Babah go round bespeel. Sy het van die stemwerk in die dokumentêre rolprent Daar Buite gedoen, was ’n lid van die fees se produksie-keuringskomitee en die kurator van Reuk, ’n lewende en interdissiplinêre kunsprojek.

Al vyf het drama buitemuurs op skool geneem en op die uitsondering van Grobler ook as skoolvak.

Coetzer is nou ’n Johannesburger, Kolver ’n Kapenaar en Grobler, Van Sandwyk en Möller-Bashew is steeds Bloemfonteiners.

Möller-Bashew woon egter ses maande van die jaar in Amerika.

“Drama op skool het beslis ’n rol in my loopbaankeuse gespeel. Daar was nie op ons neergekyk nie,” sê Möller-Bashew, wat in 2002 matrikuleer het.

Van Sandwyk en Grobler, onderskeidelik die hoofmeisie en onderhoofmeisie in 2011, beaam.

“Drama-leerlinge het net soveel erkenning geniet as diegene wat aan sport of ander kultuuraktiwiteite deelgeneem het,” sê Van Sandwyk, wat ook ’n liedjieskrywer, sanger en geleentheidspreker is.

Saam met hulle in matriek was Anika du Toit, wat ook onder meer ’n akteur is.

Kolver, wat in 1991 matrikuleer het en al verskeie televisierolle vertolk het, bieg sy het drama op universiteit gekies vir die min akademiese werk.

“Tog gaan die studie van drama oor meer as net akteur-wees. Dit leer jou vaardighede soos eerlike kommunikasie en interpretasie.”

Volgens Coetzer, wat in 2010 in matriek was, het drama op skool by haar ’n liefde vir die kunste gekweek.

“Ek het weens ’n sportbesering ’n kultuurmens geword, maar ek is baie bly daaroor.”

  • Nóg twee oudleerlinge, Naòmi Morgan en Saartjie Botha, was onderskeidelik op die fees as resensent en aanbieder vir voornemende dramaturge doenig. – Ruan Bruwer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.