Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Roos-finaliste blom voor kroning

Mej. Bloemfontein Roos 2018 word vanaand (11/10) tydens ’n spoggeleentheid in die Fleurdal Mall gekroon.

Die 12 finaliste in die kompetisie, aangebied deur Fleurdal Mall en Bloemnuus, het verlede week allerlei uitstappies onderneem na onder meer Senforce se Line of Fire-skietbaan waar hulle meer geleer het oor die hantering van vuurwapens en ook meer oor selfverdediging.

Donderdag (04/10) het die 12 finaliste die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) besoek waar hulle die personeel en die diere beter leer ken het.

Die meisies het geld vir die DBV ingesamel.

Die meisies is Donderdag ook by iParty trakteer.

Hulle is die afgelope tyd behoorlik trakteer danksy die bydrae van verskeie borge.

Die finaliste het die week hard gewerk om te verseker dat vanaand se geselligheid om 19:00 groot pret sal wees.

Kaartjies is steeds vandag by Lily’s Biltong in die Fleurdal Mall teen R100 elk beskikbaar.

Rig navrae oor die geselligheid

aan Amanda van Rensburg by 051-522-8141.

  • Lees in volgende week se Bloemnuus wie die wenner is en sien ook foto’s van die geleentheid.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.