Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Roosknoppies kan ingeskryf word

Die eerste inskrywings vir vanjaar se Roosknoppie-kompetisie is ontvang.

Ouers kan hul fraaie dogters, van drie tot vier jaar oud, vir dié kompetisie inskryf.

Dit word jaarliks deur die Loch Logan-waterfront en Bloemnuusaangebied.

Allerlei pryse is op die spel vir die 30 finaliste. Hulle word op 18 Oktober in Bloemnuus bekend gemaak.

Lees die volledige reëls vir die kompetisie op Bloemnuusse Facebook-blad en hou die blad dop om die inskrywings te sien.

Ouers kan hul dogters inskryf deur ’n e-pos na kompetisies@­volksblad.com te stuur.

Skryf “Roosknoppie 2018” in die boodskapveld.

Die e-pos moet die Rosie se noemnaam, van, geboorte­datum en ouderdom bevat, asook haar ouers se noemname en vanne, selfoonnommers en hul adres. Heg ’n foto van 500 KB tot 3 MB (in jpeg-formaat) aan die e-pos.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 28 September. Geen laat inskrywings sal oorweeg word nie.

Skakel 051-448-3607 of stuur ’n e-pos na marketing@­lochlogan.co.za vir meer inligting oor die kompetisie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.