Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rose kan begin blom

Die Mej. Bloemfontein Roos-kompetisie van Bloemnuusen die Fleurdal Mall word vanjaar die 32ste keer aangebied.

Dit is deel van die Bloem­fontein-rosefees.

Mej. Bloemfontein Roos verteenwoordig in haar kroningsjaar Bloemfontein as die Stad van Rose, asook haar borge.

Meisies, wat 16 tot 27 jaar oud moet wees om deel te neem, kan hulle van vandag af vir die gewilde kompetisie inskryf. Inskryfvorms is by Lilly’s Biltong in die Fleurdal Mall in Vereenigingrylaan, Fleurdal, beskikbaar.

Inskrywing sluit op Saterdag 1 September en die eerste onderhoude word op Saterdag 8 September in die Fleurdal Mall gedoen.

Altesaam 20 finaliste sal ná die eerste beoordeling in die Bloemnuusvan Donderdag 13 September bekendgestel word.

Nog individuele onderhoude sal op Saterdag 22 September gevoer word, waarna 12 topfinaliste in dieBloemnuusvan Donderdag 27 September bekendgemaak sal word.

Dié 12 finaliste sal aan werksessies deelneem en verskeie uitstappies onderneem. Die groep beoordelaars sal weer op Saterdag 6 Oktober onderhoude met die finaliste voer.

Die kroningsplegtigheid word vanjaar op Donderdag 11 Oktober in die Fleurdal Mall gehou. Kaartjies vir die geleentheid sal by Lilly’s Biltong beskikbaar wees.

’n Leserskompetisie sal op Bloemnuusse Facebook-blad bedryf word waarin lesers allerlei pryse kan wen. Lesers sal die geleentheid kry om van 27 September af vir hul gunsteling-finalis te stem.

Die nuwe Rooskoningin sal onder meer ’n skeepsreis op die MSC Musica wen.

Die skip sal van 15 tot 18 Maart 2019 vir vier dae en drie nagte van Durban na die Portugese Eilande en terug vaar. Die wenner kry verblyf in ’n kajuit vir twee, met ’n beperkte see-uitsig. Dié prys word deur die Fleurdal Mall geborg, en sluit kajuitkoste, hawebelasting, versekering, diensfooie en alle etes en vermaak op die skip in.

Die wenner se vervoer na en van die Durban-hawe, asook artikels en dienste van persoonlike aard (soos drankies, die maak van telefoon-oproepe, die gebruik van die wassery, die gebruik van die casino, spa-behandelings en uitstappies aan wal) is nie by die prys ingesluit nie.

Geldige paspoorte is ’n vereiste.

Die wenner mag geen pryse vir kontant omruil nie.

Bepalings en voorwaardes geld vir deelname aan die kompetisie. Die beoordelaars se beslissing is finaal en die kompetisie word deur ’n ouditeur hersien.

Die skeepsreis is net een van die pryse wat in die Mej. Bloemfontein Roos-kompetisie vir 2018 gewen kan word. Nog pryse wat danksy winkels in die Fleurdal Mall en ander borge gewen kan word, word volgende week bekend gemaak.

  • Rig navrae aan Andrie Els, organiseerder van die kompetisie, by 051-522-8141.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.