Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rosestad of Bokkestad?

Vandag moet die reënnuus eers bietjie wag, want Sondag (03/11) het dit gelyk of die natuur self met Moeder Engeland die spot dryf.

Die temperatuur van die Rosestad was naamlik op Sondag ná daardie onvergeetlike Saterdag des Saterdags – kan julle dit glo – niks anders nie as 32ºC-12ºC!

Toevallig? Of soos Amoré sê, Toe-val-lig – en daarmee saam val die Rose ook.

Nou sien ek net een uitweg. By 32ºC verlep al wat ’n roos is. Dus is daar nie meer ’n Rosestad nie. Bloemfontein is voortaan die Bokkestad. Of hoe?

In Oktober het ons in die noorde van die Bokkestad net 3 mm reën gekry. Maar hou moed, Boere, alle goeie dinge kom op sy tyd. Kyk maar na die Wêreldbeker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.