Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Salarisse moet verdien word’

“Ons sê nie dat amptenare van die Mangaung-munisipaliteit te veel betaal word nie, maar wel dat hierdie salarisse verdien moet word.”

So het DA-raadslid Hans Britz Donderdag (03/05) op ’n nuuskonferensie gesê oor die voorgestelde begroting waarvolgens die hoof van vullisverwydering en vlootbestuur van die metro ’n pakket van R2,3 miljoen per jaar verdien. Hy sê die uiters lae vlakke van dienslewering laat ’n mens vrae vra oor die vergoedingspakkette van top­amptenare.

Die DA het tekort­komings in die begroting uitgewys en ook die prosesse wat gevolg moes word om insette van die publiek oor die geïntegreerde ontwikkelingsplan en die opstel van die raad se konsepbegroting te verkry.

Raadslid David McKay sê dié probleme sluit in die verandering van die plek en tyd van die vergadering vir wyk 18 in ’n baie laat stadium. Hy sê slegs inwoners wat met busse aangery is, het dié vergadering bygewoon.

Daar was ook klagtes oor die vergadering wat op 18 April in die Indaba-ouditorium gehou is en die taalbeleid wat gevolg is, wat daartoe gelei het dat talle mense nie die vergadering kon volg nie.

Die DA wil die uitvoerende burgemeester en die hele munisipaliteit by toepaslike owerhede aangee. DA-raadslid Dulandi Leech sê stappe moet nou geneem word om die lewe vir inwoners beter te maak.

In die voorgestelde begroting is die pakket vir die munisipale bestuurder R2,9 miljoen, vir die finansiële hoof en die hoof van korporatiewe dienste elk ongeveer R3,1 miljoen en die hoof van maatskaplike dienste R2,5 miljoen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.