Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Samesyn in haar geheue ingeprent
Frieda Coetzer met die laaste foto wat geneem is van haar en haar man, Dolf. Dit is verlede jaar op haar verjaardag geneem. Foto: Lientjie Mentz

Dit was vir haar ’n groot skok om te hoor dat Alzheimer se siekte by haar liewe Pappa Beer gediagnoseer is.

Frieda Coetzer (63) se man, Dolf (81), is in Januarie oorlede nadat dié siekte 15 maande tevore by hom gediagnoseer is.

Hulle sou in April hul 40ste huweliksherdenking vier.

“Voor die diagnose het ek seker ’n jaar lank gewonder of iets dalk met hom fout is. Ek kon net nooit regtig my vinger daarop plaas nie.”

Hul seun, Shaun, het eendag agter Dolf gery en gesien hoe sy pa se motor oor die pad slinger.

Toe Dolf by die huis kom, het hy vir sy pa gesê dat hy nie meer mag bestuur nie.

“Dolf was baie ontsteld. Ons het hom oortuig dat hy ’n gevaar vir ander en homself is en dit vir sy eie beswil is dat hy nie meer bestuur nie.”

Die eerste keer wat sy werklik onraad vermoed het, was toe sy hom winkel toe stuur om drie artikels te gaan koop.

“Een daarvan was koffie. Ek drink nie koffie nie, maar hy het. Hy het lank voor die rak gestaan, maar kon nie onthou watter soort koffie hy gewoonlik drink nie.”

Frieda onthou hoe hy ’n paar dae later vir homself koffie gemaak het – en toe vir haar ’n vraag vra wat haar laat skrik:. Hy het omgedraai en vir haar gevra hoeveel lepels suiker hy drink. het hy en hy draai toe om en vra vir Frieda:

“Hoeveel lepels suiker drink ek?”

Sy het dadelik ’n afspraak by ’n neuroloog gemaak, waar Alzheimer se siekte by Dolf gediagnoseer is. en daar is sy meegedeel dat Dolf in die beginstadium van was.Hierna het sy al meer tekens raakgesien.

“Hy het eendag plastieksakke opgefrommel en in die ketel gesit en dit aangeskakel. Hy het ook vreeslik gevroetel en klere bly aan- en uittrek,” onthou Frieda.

“Hierna het ek by die Alzheimer-vereniging in die Vrystaat en by my huisdokter aangeklop. ’n Maand later, in November 2018, het ons hom in die versorgingseenheid by die Siesta-aftreeoord geplaas.”

Kenners het haar gewaarsku dat Alzheimer se siekte voortdurend erger kan raak oor enigiets van 8 tot 20 jaar.

By Dolf was dit ’n baie aggressiewe agteruitgang.

“Siesta was wonderlik – ek kon by hom gaan kuier soveel ek wou. Soms het ek hom uitgeneem om vinnig ’n roomys te eet. As hy te lank op ’n ander plek was, was hy heeltemal gedisoriënteerd as hy na die oord terugkeer.”

Vroeg in September 2019 is hy ná ’n val in die hospitaal opgeneem. ’n Week later, op 13 September, het hy weer geval en sy kop teen ’n klip gestamp. Hy het sy sig in een oog verloor.

“Van daar kon ’n mens sien hoe hy agteruitgaan. Tog, toe ek op 4 Oktober, my verjaardag, by hom gaan kuier, het ek vir hom gevra of hy weet watter dag dit is. Net daar trek hy weg met ‘Happy Birthday to you’. Dit was so spesiaal.”

Elke oomblik van daardie laaste 15 maande saam met hom is in Frieda se geheue ingeprent.

“Hy het my naam onthou tot op die laaste keer wat ek hom gesien het – steeds het hy onthou dat ek sy vrou is, maar toe ek my naam vra, het hy net geglimlag. Ons het geweet die einde kom nader. Die Donderdag voor sy dood het ek hom met olie gesalf en ons het ’n halfuur saam gebid.”

Frieda sê haar familie, vriende en kenners se raad het haar deur die laaste paar maande gedra.

“Sonder ’n ondersteuningstelsel en mense soos Sanet Strydom van die Alzheimer-vereniging sou ek regtig baie swaargekry het. Hul ondersteuning het my deur hierdie moeilike tyd gedra.”

Na aanleiding van ’n artikel van die Alzheimer-vereniging in die Vrystaat wat op 7 Mei in Bloemnuus gepubliseer is, gesels Lientjie Mentz met Frieda Coetzer oor haar oorlede man se stryd met Alzheimer se siekte’n vrou wat vanjaar . Dié berig het die verskille tussen ouderdomsverwante vergeetagtigheid en demensie uitgewys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.