Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Samewerking wenresep
Fedsas
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het Vrydag (23/11) die 25-jarige viering van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) in Bloemfontein bygewoon en die gehoor toegespreek. Van links is Erhard Wolf (Fedsas se nasionale voorsitter), Lynette Francis (programaanbieder en bekende radio- en TV-persoonlikheid), Paul Colditz (uitvoerende hoof: Fedsas), Motshekga en Jaco Deacon (adjunkhoof: Fedsas). Foto: Dries Myburgh

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) Vrydag (23/11) tydens ’n glansgeleentheid groot lof toegeswaai vir die rol wat die liggaam in die opvoeding van die jeug speel.

Tydens die 25ste herdenking van Fedsas se bestaan, wat by die Summerwood Estate buite die stad plaasgevind het, het Motshekga Fedsas aangemoedig om voort te gaan met sy goeie werk in die onderwyssektor. Sy het gesê die sukses van Fedsas het bewys dat Suid-Afrikaners saam kan werk om ’n beter toekoms vir die land se kinders te bring.

Motshekga het na Fedsas as ’n betroubare en gerespekteerde onderwysvennoot verwys en gesê samewerking van hierdie aard is wat nodig is om ouers en die gemeenskap by onderwys betrokke te kry.

Die federasie se hoofkantoor is in Bloemfontein.

Erhard Wolf, Fedsas se nasionale voorsitter, het op die geleentheid gesê die federasie het die afgelope 25 jaar gegroei en beskik vandag oor ’n permanente personeelkorps van 50. Hy het gesê dat Fedsas nog altyd die standpunt gehuldig het dat samewerking tussen rolspelers die sleutel tot sukses is.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, sê deel van die sukses van Fedsas is die gehalte van personeel wat aangestel word. Talle van die personeel is oud-skoolhoofde of oudonderwysers wat ná ’n lang loopbaan hulle by Fedsas aangesluit het om te help om samewerking tussen ouers en skoolbeheerliggame, asook skole en gemeenskappe, te bevorder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.