Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Samwu-lede eis stadsbestuurder se kop

Sowat 300 lede van Samwu, die vakbond vir munisipale werkers, het Vrydag (09/04) teen die Mangaung-metro betoog en griefskrifte by die Glaspaleis (Bram Fischer-gebou) en die O.R. Tambo-gebou afgelewer.

In die griefskrifte gerig aan die uitvoerende burgemeester en Thembeni Nxangisa, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, eis hulle die kop van onder andere adv. Tankiso Mea, die stadsbestuurder, glo omdat sy beweerde korrupsie daartoe gelei het dat dienslewering in die metro in duie stort.

“Inwoners besef nie hoe ons sukkel om sonder gereedskap en toerusting, brandstof, chloor en voertuie ons werk te doen nie,” het hulle by die O.R. Tambo-gebou aan Nxangisa gesê.

“Boonop word ons geboelie deur die stadsbestuurder, wat heeltyd dreig dat hy ons in die pad sal steek as ons dit waag om aan dié ‘gedissiplineerde betoging’ deel te neem. Tog was ons vasbeslote om vir die regering te kom sê dat ons genoeg van dié chaos gehad het.”

Nxangisa het geluister en belowe dat hy en sy span ernstig na die saak sal kyk om oplossings te vind sodat daar saamgewerk kan word.

Samwu-lede eis dat daar onmiddellik van die stadsbestuurder ontslae geraak word.

Lede van Sanco en Cosatu was ook teenwoordig. Hulle het gesê hulle steun Samwu en gewaarsku dat hulle gaan help om die hele metro tot stilstand te bring as daar nie onmiddellik aan Samwu se eise gehoor gegee word nie.

Die betogende Samwu-lede het die metro-bestuur en die LUR sewe dae gegee om op hul eise te antwoord.

Letsooa Motsoari, Sanco-sekretaris, het by die Glaspaleis gesê die metro is wanfunksioneel.

“Die tenderpreneurs wat kontrakte kry, moet verwyder word en werk moet aan die permanente werkers gegee word wat toerusting en voertuie moet kry.”

Prof. Musa Tsholeka, organiseerder van Sanco in die Mangaung-streek, het by die Glaspaleis gesê hulle ondersteun Samwu.

“Die leierskap van die metro moet verantwoordelikheid neem vir die gemors waarin die munisipaliteit hom bevind. Hier gaan ’n algehele sluiting van diens­lewering wees as daar nie aan die werkers se eise voldoen word nie.”

Lucky Sebego, streeksekre­taris van Samwu, het gesê Centlec­ (die metro se elektrisiteitsverspreider) se raad is onwettig aangestel.

“Ons eis dat dit onmiddellik reggestel word of dat koppe rol.”

Hy het ook beswaar gemaak dat Centlec se raadsvoorsitter, Kenosi Moroka van Moroka Prokureurs, aangestel is as opdraggewende prokureur om twee senior advokate aan te stel wat Mea se beweerde wangedrag en -bestuur moet ondersoek. Die metroraad het dié ondersoek aangevra.

Sebego het gesê dit is ongehoord dat iemand wat reeds miljoene rande se kontrakte by die metro kry en die raadsvoorsitter van Centlec is, se prokureursfirma aangestel is om die advokate aan te stel wat Mea moet ondersoek.

  • Mea het by navraag gesê hy gaan almal wat betoog het, in die pad steek.

Hy het ook ontken dat Cent­lec se raad onwettig aangestel is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.