SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Nuus
Sangers ruk op vir diere

Nie net gaan daar Kersliggies, ’n Kersvader, elwe en Kersgeskenke wees nie, maar twee van die gewildste Afrikaanse sangers gaan hierdie Kersfeestyd by die Bloemfonteinse Dierebeskermingsvereniging (DBV) kom sing.

Reinet Meyer, bestuurder en hoofinspekteur van die DBV in die stad, sê die jaarlikse Kersliggie-projek is belangrik om geld in te samel om hul belangrike werk te doen.

Die publiek kan van 5 tot 23 Desember elke aand van 18:00 tot 21:00 by die DBV in McGregorstraat kom kuier.

Manie Jackson gaan op Woensdag 11 Desember om 19:00 optree en Jak de Priester sing op Saterdag 21 Desember om 19:00.

Reinet sê ouers kan toegedraaide sagte speelgoed teen R50 koop en dan sal Kersvader en sy helpers regstaan om vir die kinders hul geskenke uit te deel.

“Bring ook jou troeteldier saam sodat hy of sy self ’n geskenkie kan uitsoek.

“Ons het ook vanjaar ’n hele vraghouer vol mooi geskenke en Kersversierings wat te koop aangebied gaan word.”

Toegang is R10 en R20 op die dae waarop Manie Jackson en Jak de Priester optree.

Dit is by die ingang betaalbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.