Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sanggroepe, sangers kan wen in kunstefees-kompetisie

Bring’it and Sing’it, ’n kompetisie waaraan amateur-sangers kan deelneem, word op 13 Julie om 20:00 op die Vrystaat Kunstefees in die Vrynge Farm (pluimbalsaal) op die Kovsiekampus gehou.

A cappella-groepe of individue kan hulle inskryf, mits almal 16 jaar of ouer is en die groep uit vyf tot 20 lede bestaan. Die eerste twee inskrywings kry die geleentheid om vir bemarkingdoeleindes voor die kompetisie op die Vrynge Rendezvous-verhoog op te tree.

Groepe word vanjaar op musi­kaliteit en die gebruik van Afrikaans, Engels en Sotho in hul program beoordeel. Elke sanger of groep het 20 minute op die verhoog. In hierdie tyd moet hulle onder meer ’n klingel (“jingle”) sing wat die fees verteenwoordig.

Die Mej. Suid-Afrika-finalis Margo Fargo is die seremoniemeester.

Die wenners kan ’n enkelsnit deur Crooked House Records in Bloemfontein laat opneem.

Inskrywing sluit op 4 Julie en kan gedoen word deur ’n e-pos na franli.earle@gmail.com te stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.