Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Selfleer maak pad oop
Dana Boonzaaier (regs) by sy vrou, Sandra, en Andrew Walker (uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Eiendomsbeleggingsnetwerk) ten tyde van verlede jaar sy toekenningsgeselligheid.Foto: Verskaf

’n Fisioterapeut wat sy hand aan die beleggingsmark gewaag het, het ’n nasionale eerbewys vir sy sake-bedrywighede ontvang en boonop bewys dat ’n onderneming met slim beplanning ’n krisis soos Covid-19 kan oorleef.

“As fisioterapeut kan ek ’n verskil in die lewe van een mens op ’n slag maak, maar as belegger maak ek ’n groter verskil,” sê Dana Boonzaaier oor sy beleggings-onderneming.

Boonzaaier, wat fisioterapie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) studeer het en steeds sy vrou, Sandra, in haar praktyk help, sê sy geheim vir sake-sukses is selfleer.

Hy het verlede jaar die Suid-Afrikaanse Eiendomsbeleggingsnetwerk se belegger van die jaar-eerbewys gewen. Hy was ook die wenner in die afdeling vir die onderneming wat die meeste groei getoon het.

Boonzaaier het die afgelope twee jaar 15 studentehuise binne 1 km vanaf die UV geopen.

“Ek het geen formele opleiding in eiendomsbestuur nie, net jare se boeke-kennis. Ek glo in selfleer. My raad aan mense is om te leer wat die kenners, soos Robert Kiyosaki in Rich Dad Poor Dad, skryf.

“Alles wat ek vandag weet, is boeke-kennis wat ek toegepas het deur navorsing te doen.”

Hy sê sy belegging in studente­behuising was ’n logiese stap.

“Die minister van onderwys in 2016, Blade Nzimande, het gesê daar was in daardie stadium 1 miljoen studente aan tersiêre instellings in die land en hulle wou dit na 3 miljoen in 2030 vermeerder. Dit was ’n gegewe dat hoe meer studente daar is, hoe meer verblyf is nodig.”

Hy het na die statistieke gaan kyk.

“Daar is ongeveer 27 000 in­geskrewe studente aan die UV en slegs 4 500 beddens in koshuise op kampus. As sowat 11 000 studente huisvesting benodig, is daar mos groot potensiaal in hierdie mark.”

Boonzaaier sê nabyheid aan die universiteit is belangrik om maklike en veilige toegang vir studente moontlik te maak.

Iets wat gehelp het dat sy studentehuis-inkomste ondanks die pandemie stabiel gebly het, is dat 85% van hierdie studente met beurse van die Nasionale Studentefinan­sieringshulpskema (NSFAS) studeer en dus hul verblyf bly betaal het.

Hy glo studente wat in goeie, veilige studentehuise met vaste reëls bly, het groot voordele bo hul medestudente.

“Dit is vir ons belangrik om ons huise binne wetgewing te bestuur.”

Hy sê een van die probleme wat talle sakelui veral in Bloemfontein het, is rompslomp om goedkeuring by die Mangaung-metro te kry. Dit bemoeilik die bestuur van ondernemings.

“Ek wag al drie jaar vir die metro om die studentehuise te hersoneer. Dit nadat daar in planne aangedui is dat eiendom binne 5 km van tersiêre instellings geoormerk is vir hersonering as studentebehuising.”

Boonzaaier hou sy oog op die toekoms.

“Ek glo daar is ongelooflik baie geleenthede in Suid-Afrika om ons land te verbeter. Mense moet hul kop oopmaak, geleenthede raaksien en alles uitvind wat nodig is om dit te laat werk.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.