Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sibbe laat kunswerk uitstaan

Met die aanmoediging van haar sibbe wat wou seker maak sy teken hulle akkuraat, is Anri du Plessis van die Hoër Meisieskool Oranje se kunswerk as een van die 13 bestes in Santam se gesogte kinderkunskompetisie aangewys.

Daar was vanjaar 4 335 nasionale inskrywings waaruit 13 gekies is om in die jaarlikse Santam-kalender te verskyn.

Wat Anri (gr. 8) se inskrywing so ’n bietjie meer persoonlik maak, is dat dit haar jonger boetie en sussie op haar tekening is.

Die tema was “I spy with my little eye”.

“As my boetie en sussie daardie speletjie speel, sien hulle gewoonlik die helderste kleure raak. My suster (Magda, 6) het ’n helderkleurige skoenlapper raakgesien wat my laat besluit het om haar en Sion (7) in swart en wit te teken en die twee skoenlappers in kleur.

“Ek het hulle buite in die tuin afgeneem waar hulle vooroor leun en my skets van dié foto af geteken,” sê Anri.

Sy het sowat twee maande daaraan gewerk.

“Hulle (haar sibbe) het gereeld daarna kom loer en baie kommentaar gelewer. Hulle was uiteindelik tevrede en is opgewonde om volgende jaar oral teen mure te pryk.”

Anri, haar kunsonderwyser en die skool sal elk ’n kalender ontvang. Anri se inskrywing sal R3 000 se prysgeld aan die skool besorg wat dit kan aanwend na sy keuse.

“Anri is ’n besonders talentvolle kunstenaar. Sy is ver bo haar ouderdomsgroep. Sy kan nog groot draaie maak,” sê Anri du Plessis wat haar naamgenoot en kunsonderwyser is.

Oranje se Gitte Pieterse (nou in gr. 10) se kunswerk, Somerbriesie het in die 2018-kalender verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.