Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sing Kerstyd in

Daar heers groot opgewondenheid oor die Carols with the Stars-konsert wat Vrydag (09/11) op die Laerskool Willem Postma se sportveld aangebied word.

Die hekke open om 17:00 en die konsert begin om 18:30. Kom vroeg om ’n gerieflike sitplek te kry.

Gaskunstenaars Heinz Winck­ler en Caroline Grace gaan die gehoor met hul sang vermaak en saam met Arco Musica die gehoor in die sing van bekende en geliefde Kersliedjies lei.

Toegang is gratis – bring net blikkieskos of ander nie-bederfbare produkte wat dié aand onder vyf liefdadigheids­organisasies verdeel gaan word.

Duncan Pentz, mede-eienaar van Pick n Pay Preller Walk, sê die idee met Carols with the Stars is om mense in die gees van Kersfees bymekaar te bring en ook om ’n groot bydrae te maak om die nood in die gemeenskap te verlig.

Die vyf organisasies wat by die skenkings gaan baat wat klante nou reeds by Pick n Pay Preller Walk kan doen (in spesiaal gemerkte houers), en wat konsertgangers ook sal saambring, is: Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) in Watkeystraat, die Phelang-dagsorgsentrum vir gestremde kinders, die Setshabelo-kinder-en-jeugsorgsentrum in Botshabelo, die President Kruger-kinderhuis in Reddersburg en die Siyathokoza Vulnerable Children-projek.

Klante wat graag die Nissan NP200 1,6 8V-petrolbakkie wat deur Pick n Pay Preller Walk geborg word, wil wen, kan hul naam en van, ID-nommer en kontakbesonderhede agter-op ’n onlangse inkopiestrokie van Pick n Pay Preller Walk skryf en dit in die spesiaal gemerkte houer by die bakkie in die sentrum plaas.

Die name van vyf finaliste gaan Vrydag-aand op die Carols-geselligheid getrek word en die wenner se sleutel sal dié voertuig kan oopsluit en aanskakel.

Slegs deelnemers wat teenwoordig is, sal in aanmerking vir die groot prys kom.

Kosstalletjies sal onder meer warm skyfies, pannekoek, warmbrakke en hamburgers, asook koffie en koeldrank teen billike pryse te koop aanbied.

Die voorlopige weervoorspelling vir Vrydag is warm en sonnig, maar dit mag dalk koel word later in die aand.

Bring dus jou skenkings, kampstoele, warm klere en komberse en geniet die aand as familie en vriende saam.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.