Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skenking bult spiere

Danksy ’n stewige skenking kon die Martie du Plessis-skool vir leerlinge met spesiale behoeftes die eerste buitelug-gimnasium spesifiek vir mense met gestremdhede in die stad ont­wikkel.

Die gimnasium, wat met behulp van geld ontvang uit die trustfonds van die Transoranje Instituut vir Spesiale Onderrig (Toibo) opgerig is, is op Woensdag 30 Oktober by die skool in gebruik geneem.

Dit is genoem na Hannes Fanus, ’n seun wat op 9 Augustus 1973 tydens ’n mangel­operasie oorlede is.

Sy oupa het die trustfonds gestig waaruit vyf skole vir leerlinge met spesiale behoeftes – vier in Gauteng en Martie du Plessis in Bloemfontein – geld vir spesiale projekte ontvang.

Francois van Heerden, skoolhoof, sê hulle is baie dankbaar vir die geleentheid wat hulle gekry het.

“Die Klein Hannes Fanus-buitelug-gimnasium is ’n droom wat vlerke gekry het.”

Van Heerden sê benewens die feit dat die geriewe tot groot voordeel van die skool se leerlinge gaan wees, word sportlui met gestremdhede genooi om daarvan gebruik te maak.

Magda Wessels, departementshoof van fisioterapie by die skool, sê sy het soortgelyke buitelug-gimnasiums op plekke soos Port Elizabeth gesien.

“Ek het gedink dit sal wonderlik wees as ons een kan oprig wat spesifiek bedoel is vir mense met gestremdhede.”

Die ruimte waar die gimnasium ingerig is, is by die skoolhek en dit sal met spesiale reëlings vir sportlui met gestremdhede toeganklik wees.

Dit is in die koelte en daar is tussen die plaveisel ruimtes met kunsgras waar byvoorbeeld strekoefeninge gedoen kan word.

Daar is 18 stasies met vasstaande toerusting, maar Wessels sê daar is ook bykomende los toerusting.

“Dit is vir ons ’n groot voorreg om hierdie gimnasium te kon ontwikkel en ons wil hiermee graag teruggee aan die gemeenskap.”

Sportlui met gestremdhede wat van die gimnasium gebruik wil maak, kan oefentyd reël deur Wessels by 084-701-4541 te bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.