Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skenking laat trane vloei

Trane van blydskap het vrylik gevloei toe ’n Bloemfonteinse voorskool duisende rande in kruideniersware aan ’n vrou wat na straatkinders omsien, geskenk het.

Ouma Rina Jooste, wat die afgelope 21 jaar vrywillig na straatkinders omsien, was oorweldig met dankbaarheid toe die onderwysers en leerlinge aan die St. Michael-kleuterskool die kruideniersware aan haar oorhandig.

Die skool het die kruideniersware as deel van sy jaarlikse uitreikprojek ingesamel.

Jooste sê dit is die grootste skenking van kruideniersware wat sy al ooit ontvang het.

“Woorde ontbreek. Al wat ons kan sê, is baie, baie dankie. Dit maak dinge soveel makliker, veral in die winter.”

Jooste het nou sewe kinders van twee tot 13 jaar oud in haar sorg.

Sy het 21 jaar gelede vrywilliglik na kinders begin omsien en doen dit met behulp van skenkings van individue, kerke en organisasies.

“Ek het self in ’n kinderhuis grootgeword, so ek weet hoe dit voel. Ek vervul net ’n opdrag van die Here,” sê Jooste.

“Ek wil graag ’n verskil maak, al is dit net vir een dag en in een kind se lewe.”

Diane Rafferty, skoolhoof en onderwyser van die kleuterskool, sê die skenking aan Jooste is om leerlinge bewus te maak van ander, en veral kinders, in nood.

“Ons kinders het so baie. Deur dié gebaar besef ons kinders hopelik dat hulle ander in nood moet help.” – Kaydene Davids

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.