Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skole deel wentrofee

Twee Bloemfonteinse skole het gesamentlik die meeste punte in die eerste Wesgrow-sentraleskolesportreeks aangeteken.

Die Hoërskool Jim Fouché en die Hoërskool Sentraal deel vanjaar die beker as die skole wat gesamentlik die meeste punte in die reeks, wat van Maart tot in Augustus beslis is, aangeteken het.

Agt skole in die Vrystaat en Noord-Kaap, wat die Hoërskool Fichardtpark, die Goudveld-Hoërskool (Welkom), die Hoërskool Diamantveld, die Hoërskool Noord-Kaap (albei in Kimberley), die Hoërskool Witteberg en die Hoërskool Voortrekker (albei in Bethlehem) insluit, het aan die reeks deelgeneem.

Die toernooi het rugby, netbal en hokkie ingesluit.

Die Hoërskool Jim Fouché het ook die beker vir seunshokkie gewen en die Hoërskool Sentraal die netbal-beker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.