Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skole, leerlinge kan groot wen

Pryse vir laerskoolleerlinge en hul skole is op die spel in vanjaar se Spel-en-Speel-kompetisie wat Volksblad, moederkoerant van Bloemnuus, in samewerking met AfriForum, die Onafhanklike Skool Edu­plus en die Vrystaatse departement van onderwys aanbied. Dié kompetisie toets leerlinge se spelvermoë in Afrikaans.

Leerlinge kan in een van twee afdelings deelneem: Afrikaans eerste taal en Afrikaans eerste addisionele taal.

Pryse is op die spel vir die wenners.

Laerskoolleerlinge van gr. 4 tot gr. 7 kan hulle inskryf. Twee leerlinge per graad per skool mag ingeskryf word.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is op Maandag 2 Maart. Die hoeveelheid leer­linge moet volgens graad en afdeling deurgegee word. Die kandidatelys met die name van die leerlinge moet teen 6 Maart na ad.eduplus@gmail.com gestuur word.

Die uitdunrondes sal op 12 Maart om 09:00 by Eduplus in Boerneefstraat, Langenhovenpark, aangebied word.

Die eindronde vind ná die uitdunrondes plaas.

Bel Tamsyn Eccles, adjunkhoof van Eduplus, by 051-446-0527 of stuur ’n e-pos na ad.eduplus@­gmail.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.