Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skool kraai vyfde jaar koning

Die fakulteit vir ingenieurswese en inligtingstegnologie aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT), Vrystaat, het op 16 Augustus sy 20ste jaarlikse Quiz Whizz-kompetisie vir hoërskole aangebied.

Die belangrikheid van vakke soos wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde word met dié kompetisie by leerlinge ingeprent. Vanjaar het Grey-kollege (sekondêr), die Hoërskool Sand du Plessis en die Hoërskool Sentraal dit teen mekaar uitgespook.

Sentraal was vanjaar vir die vyfde keer die wenner van die kompetisie en dié span het met dié oorwinning beursgeld van R45 000 vir studies in 2019 verdien.

Die leerlinge van Sand du Plessis het R10 000 elk en die leerlinge van Grey-kollege het R7 500 elk vir studies in 2019 ontvang.

Die onderskeie skole benoem drie leerlinge vir die beursgeld wat ’n beroep in ingenieurswese of inligtingstegnologie wil volg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.