Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skool smee Duitse bande

Drie leerlinge aan die Hoërskool Tsoseletso in Bloemfontein het op 9 Januarie na die skool teruggekeer nadat hulle as deel van ’n jeug-uitruilprojek in Duitsland skoolgegaan het.

Thato Modisane het by die Mohr-familie in Hövelhof tuis­gegaan. Hy het ook die geleentheid gehad om Dresden en Kassel te besoek en meer oor Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog te leer.

Rethabile Morakile het by die Schlass-familie in Wolfsburg gewoon en het onder meer Berlyn besoek, waar die Berlynse muur ’n groot indruk op haar gemaak het. Sy het ook die geleentheid gekry om te ysskaats en sê die Kersfeesvieringe in Duitsland sal haar bybly.

Lebohang Lechoano het by die Welsch-familie in Redwitz tuis­gegaan en die geleentheid gehad om ’n ballet-uitvoering in Kronach by te woon. Sy sê dit was vir haar opvallend dat die Duitsers soveel respek vir hul omgewing het.

Die drie leerlinge is dit eens dat Suid-Afrikaners baie by die Duitsers kan leer oor deursettingsvermoë en stiptelikheid.

Die drie se besoek aan Duitsland is deel van ’n groter projek waardeur agt gr. 12-leerlinge al die afgelope jaar in Duitsland was.

Vyf leerlinge (Kabelo Makhetha, Omolemo Malosioa, Seleboho Malope, Noxolo Radebe en Rens Monwabisi) het in September verlede jaar die Start-Up-besigheidsplan-seminaar in Berlyn bygewoon.

Leerlinge aan Tsoseletso het die eerste keer in Julie 2016 na Duitsland gereis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.