Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skool spog met verskeie prestasies
Presidentsverkenners is van links Henro van Rooyen, Lehana van der Merwe, Jan-Adriaan Bekker, Carike Beylefeld, Gideon van der Westhuizen, Tamika van Wyk en Ruben Cloete. Foto’s: Verskaf

Talle leerlinge aan die Hoërskool Jim Fouché het die afgelope tyd presteer.

Vier leerlinge het in die nasionale Radikale Redenaars-kompetisie plekke behaal. Karla Visser (gr. 8) het ’n vyfde plek behaal, Carlise Botha (gr. 9) ’n vierde plek in Afrikaans en sewende plek in Engels, Sutiné Venter (gr. 10) ’n negende plek en Suné Scheepers (gr. 12) ’n agtste plek.

Henro van Rooyen, Jan-Adriaan Bekker, Gideon van der Westhuizen, Ruben Cloete, Lehana van der Merwe, Carike Beylefeld en Tamika van Wyk het almal die Presidentsverkenner-eerbewys verwerf.

Lourens van Niekerk (gr. 10) het ’n A-simbool in die ATKV se DigiKuns-kompetisie behaal. Hy het ook in die nasionale ronde van die Oppie Tong af-redenaarskompetisie vir gr. 10 tot gr. 12-leerlinge ’n tweede plek in die onvoorbereide afdeling behaal.

Elizri Malan het in die digitale weergawe van die ATKV-tienertoneelkompetisie deelgeneem en ’n silwermedalje vir haar toneelspel verwerf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.