Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skool vier goue jare

“Tjokkies, geluk met 50 goue jare. Jy was nog altyd net goed vir ons.”

Só het Nadine Malherbe die Laerskool Universitas – en almal wat deur die jare aan dié skool verbonde was – Maandag (20/01) tydens die 50ste verjaardagviering gelukgewens.

Nadine, wat spesiaal vir die feesdag haar gr. 7-skoolrok aangetrek het, was van 2000 tot 2007 ’n leerling aan die skool. Sedert 2017 is sy ’n gr. 2-onderwyser by die skool.

“Tjokkies het my geleer dat jy hier kan wees wie jy graag wil wees en jouself moet liefhê.”

By die ingang van die skool, wat op 20 Januarie 1970 met 353 leerlinge en 15 onderwysers begin is, staan daar vandag: “Tjokkies rus leerlinge op ’n kaalvoetmanier toe om die skoene van die toekoms gemaklik vol te staan.”

Altesaam 992 kaalvoetkinders en 76 personeellede (40 onderwysers) het Maandag geluister hoe vier oudleerlinge wat vandag weer aan dié skool verbonde is, staaltjies uit hul skooldae vertel.

Benewens Nadine is daar nog twee onderwysers, Lianza Grobler (1883-1989) en Carina Kriel (1988-1992). Ook Beaulah du Plessis (1983-1989) is sedert 2013 in ’n administratiewe pos by die skool aangestel.

“Toe ek op skool was, het die pille-tannie my so mooi gehelp dat ek nie twee keer gedink het om self Tjokkies se pille-tannie te word nie,” sê Beaulah.

Neels Gunter is die sesde skoolhoof. Hy sê die skool verwag van elke leerling om die skool se leuse, “Net my beste”, na te streef.

“Mag 2020 die beste jaar van jou lewe tot op hede wees,” het hy leerlinge en onderwysers op dié spesiale dag toegewens.

Twee onderwysers wat reeds diep spore by die skool getrap het, is Nico Buys wat in 1984 en Jannie Oosthuizen wat in 1990 by die skool begin werk het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.