Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skool wy nuwe hokkieveld in

Een van die oudste meisieskole in die Vrystaat het op Saterdag 27 April slegs die derde instelling in Bloemfontein geword wat met ’n waterbasis-astro-hokkieveld kan spog.

Die St. Michael-skool in Bloemfontein het dié splinternuwe veld met ’n sportdag ingewy.

Dié soort hokkievelde word in internasionale hokkiewedstryde gebruik.

Die Universiteit van die Vrystaat het twee van dié velde, en Grey-kollege een.

Die hokkieveld is amptelik deur Braam van Wyk, skoolhoof, ten aanskoue van belanghebbendes, leerlinge, oudleerlinge, onderwysers en ouers ingewy.

Verskeie wedstryde is gespeel, waarin die St. Michael-onderwysers onder meer die ouers laat les opsê het deur hul wedstryd met 3 – 2 te wen.

Die Old Girls het hul kragmeting teen die skool se huidige eerste span met 2 – 1 beklink.

Vir Van Wyk bewaarheid dié veld ’n jarelange droom.

Hy sê hiermee wil hulle nie net waarde tot die skool en gees onder leerlinge toevoeg nie, maar ook tot die gemeenskap en sport in die algemeen.

Van Wyk sê die St. Michael-skool is ’n sterk hokkieskool, en met dié veld kan hulle daarop voortbou.

“Ons moes reeds ’n bykomende o.18-span begin omdat nog leerlinge aan die sportsoort wil deelneem.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.