Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skoolbesluite nou raaiwerk

Die sluiting van openbare skole is baie meer ont­wrigtend as die stelsel wat talle skole in Bloemfontein gevolg het om die skool of ’n deel van die skool vir ’n ’n ruk te sluit wanneer iemand positief vir Covid-19 toets.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het sy teleurstelling uitgespreek ná pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging Donderdag (23/07) dat skole van Maandag af vir vier weke gesluit sou wees.

Hy sê hoewel talle skole of dele van skole vir tye moes sluit, het die werk voortgegaan.

“Die Grondwet bepaal dat die beste belang van die kind die deurslaggewende faktor moet wees in besluite van hierdie aard,” sê Colditz.

“Ongelukkig word die kinders nou die swaarste geraak deur die sluiting van skole.

“Daar is genoeg navorsing wat bewys dat kinders akademies, fisiek en emosioneel benadeel word deur onderbroke onderrig.”

Hy sê vir Fedsas is dit kommerwekkend dat die aankondiging ook in afsondering gedoen is.

“Dit word nie gerugsteun deur nuwe regulasies, direktiewe of die publikasie van ’n nuwe skoolkalender nie. In so ’n geval moet besluitnemers soos skool­beheerliggame aanvaar dat die bestaande direktiewe en kalender steeds geld.”

Colditz sê Fedsas kan nie aan sy lede leiding gee voordat gewysigde direk­tiewe en ’n nuwe skool­kalender nie formeel beskikbaar is nie.

“Skole is egter van Maandag af gesluit, so beplanning moet plaasvind sonder dat daar ’n wetlike raamwerk beskikbaar is. Dit bemoeilik ’n reeds uiters uitdagende situasie nog verder.”

Hoewel die president in sy toespraak aangedui het dat daar wyd gekonsulteer is voordat die besluit geneem is, is die uiteindelike plan egter nooit met al die belanghebbendes gekommunikeer nie.

“Ons was deel van vergaderings waarop voorstelle bespreek is, maar daar was nie konsensus oor ’n eindelike besluit nie.”

Colditz sê Fedsas is dankbaar vir die voortsetting van die skoolvoedings­program ingevolge ’n vroeëre hofbevel.

“Alle kinders se belange moet egter die eerste oorweging wees wanneer ingrypende besluite geneem word.”

Fedsas gaan intussen voort om die organisasie se kundigheid en hulpbronne beskikbaar te stel gedurende die nasionale ramptoestand.

Ongelukkig word die kinders nou die swaarste geraak deur die sluiting van skole. – Paul Colditz

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.