Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skoonhede kan hulle nou al inskryf

Inskrywings vir Bloemskou (24 April tot 2 Mei 2020) se skoonheidskompetisies sluit op Vrydag 15 November om 13:30.

Bloemskou bied die kompetisies in samewerking met eModels aan.

Die kategorieë is Kleine Mej. Daisy (3 tot 5 jaar), Kleine Mej. Bloemskou (6 tot 10 jaar), Mej. Tiener Bloemskou (14 tot 17 jaar) en Mej. Windmill Bloemskou (18 tot 25 jaar).

Inskrywings kan gedoen word deur ’n e-pos na bloemshow@emodelssa.com te stuur. Inskrywings kos R100.

Die topdrie-mededingers in elke kategorie kan groot kontantpryse geborg deur Bloemskou wen en daar is ook geskenk­bewyse van tussen R5 000 en R18 000 op die spel.

Die uitdunne vir Kleine Mej. Daisy en Kleine Mej. Bloemskou vind op 20 November om 18:00 en die uitdunne vir Mej. Tiener Bloemskou en Mej. Windmill Bloemskou vind op 21 November om 18:00 by die Windmill-konferensiesentrum plaas.

Die toptien finaliste in elke kategorie sal dan gekies word.

Die amptelike liefdadigheidsprojek vir die kompetisie is Joint Aid Management (JAM) wat kinders oor Afrika heen voed.

Rig navrae oor die kompetisie aan Jeanré du Preez by 084-809-3663.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.