SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Skrywers slyp talent

Drie jong vroue met Bloemfontein-bande en ’n matriekleerling aan die Hoër Meisieskool Oranje was onder die presteerders in die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se jaarlikse skryfkompetisie.

Eleanor Bernard, ’n oudstudent van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat deesdae in Bethlehem woon en ’n personeellid op dié universiteit se Qwaqwa-kampus is, was die naaswenner in die ope afdeling vir poësie.

Simóne Vorster, ’n arbeidsterapeut van Langenhovenpark, het eervolle vermelding in die poësie-afdeling ontvang.

Die prys vir die beste Afrikaanse skrywer wie se moedertaal nié Afrikaans is nie, het aan ’n oudleering van die Hoër Meisieskool Oranje, Thandolwethu Gulwa, gegaan.

Gulwa, wie se moedertaal Xhosa is, studeer regte in Grahamstad.

Marli Rautenbach, ’n matriekleerling aan Oranje, het die derde prys in die senior prosa-afdeling vir hoërskole ontvang.

Die res van die kompetisiewenners en -presteerders was almal van ander provinsies.

Pryse van altesaam R18 000 is vanjaar aan die wenners en presteerders op die BSV-skryfskool uitgeloof wat op 25 Augustus deur die bekroonde skrywer Dana Snyman gelei is.

Die wenners en presteerders se werk is in die bundel Inkvars 2018 opgeneem.

Snyman was die dag voor die skryfskool reeds in die Rosestad, en het by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Mu­seum en Navorsingsentrum (Naln) besoek afgelê.

Tot sy groot verbasing en vreugde is hy die Dana Snyman-uitstalling gewys. ’n Deel van dié uitstalling was op die jaarlikse slypskool in die Noorderbloem-aftreeoord se saal te sien.

Snyman se raad aan skrywers en ontluikende skrywers op die slypskool was om goed na die wêreld om hulle te kyk, goed te luister en om voortdurend notas te maak. Skrywers moet ook nie bloot vertel nie. Hulle moet met hul woorde op papier prentjies aan die leser wys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.