Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Slimkop speel hart uit

Mikael von Eschwege, ’n leerling van Grey-kollege (sekondêr), het ’n besonderse prestasie behaal deur twee pryse in die landswye Unisa-musiek-eksamen te verwerf.

Vir sy 98% in musiekteorie (gr. 4) en 91% in klavier (gr. 5) het Mikael, ’n klavierleerling van Dana Cilliers, die Hennie Joubert-eerbewys en ’n geldprys vir beste praktiese eksamen en vir die beste musiekteorie-eksamen in sy graad ontvang.

Hy speel ook viool en sing in die koor, en het verlede kwartaal die naashoogste punte in sy graad verwerf.

Mikael het in die Motheo-distrik se wiskunde-kompetisie ’n eerste plek behaal en sal aan die interprovinsiale kompetisie deelneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.