Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Smulpaap wil geesdrif deel

Bloemfonteinse wenner van die derde Kokkedoor-kompetisie, Wilhelmina Thirion Garção, het klante Vrydag (07/02) met lekkernye soos varsgebakte pasteie, pekanneuttertjies en kaaskoekhappies trakteer.

Beurtkrag het nie gekeer om haar gebak aan klante by haar tydelike deli te verkoop nie.

Dit was die eerste keer dat Wilhelmina mense genooi het om die opskiet-stalletjie by haar nuwe huis te besoek.

Sy het in Desember na dié huis by Athlonestraat 20 in Dan Pienaar verhuis.

Sedert sy in Oktober saam met Pasch du Plooy van Heilbron kykNET se koskompetisie Kokkedoor gewen het, is sy vol planne oor hoe om haar geesdrif vir kos met ander te deel.

Sy sê haar nuwe huis bied baie moontlikhede, en wil dit graag binnekort begin inspan om restaurant-aande en kookklasse aan te bied.

In Maart gaan Wilhelmina ’n wye draai deur die Boesmanland gooi om kosdemonstrasies op verskillende plekke aan te bied.

Sy het vroeër in Kimberley gewoon en gaan trakteer die Kimberliete nog gereeld met haar gebak by opskiet-restaurante wat sy so gereeld moontlik hou.

Benewens allerlei gebak, het sy ook haar eie konfytreeks.

“Ek het grootgeword met tuisgemaakte konfyt en gebottelde goed. As ek ’n lekker houer appelkose in die hande kry, wil ek net konfyt kook.”

Sy het ’n kruietuintjie geplant en wil binnekort haar eie speserye, veral glutenvrye speserye, verkoop.

“Ek wil ook lekker bevrore etes maak – lekker kos, maar ook gesonde kos vir dié wat dit verkies.”

Sy beplan ook aan ’n resepteboek om haar wenke met ander te deel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.