Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Soeklig sal val op vervolgde Christene

Geopende Deure is ’n nie-winsgewende sendingorganisasie in Suider- Afrika wat vervolgde Christene help en ondersteun.

Geopende Deure bied vanjaar die eerste keer sy jaarlikse byeenkoms in Bloemfontein aan.

Op dié geleentheid gaan ’n Christen uit ’n land in Suidoos-Asië op Saterdag 17 Augustus sy verhaal in die Baptistekerk in Langenhovenpark deel.

Dié organisasie werk al sedert 1955 om Christene wat weens hul geloof in Jesus Christus in hul tuisland vervolg word, op verskeie maniere by te staan.

Vandag werk sendelinge van Geopende Deure in 66 lande oor die wêreld heen.

Dit word gedoen deur die Christene in dié lande van Bybels, literatuur en ander media, leierskapsopleiding en maatskaplik-ekonomiese opleiding te voorsien. Hulle word ook voortdurend in gebed gedra.

Die Christene in hierdie lande word ook voorberei om die moeilikhede waarmee hulle daagliks te doen kry, te weerstaan in die wete dat mense vir hulle bid.

Geopende Deure lig ook Christene wat vrylik hul godsdiens kan beoefen in oor die gevare waarin talle Christene oor die wêreld heen leef.

Enigeen is welkom om dié byeenkoms by te woon en ook aan dié Christen vrae vra. Dit begin om 08:30 en behoort tot 14:30 te duur. Verversings is by die toegangsgeld van R50 ingesluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.