Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Span bou wen-brug

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Siviele Ingenieurswese (SAICE) se Bloemfontein-tak het op Saterdag 4 Mei by die Loch Logan-waterfront sy jaarlikse water-en-brugbou-kompetisie aangebied.

Vanjaar het 18 spanne deelgeneem aan die kompetisie.

Letshego Sehume, voorsitter van SAICE Bloemfontein, sê die kompetisie is een van die instituut se suksesvolste projekte om leerlinge aan te moedig om siviele ingenieurswese as beroepskeuse te oorweeg.

Vanjaar was dit die A-span van die Hoërskool Jim Fouché wat met 146 punte gespog het met die beste brug. Tweede was die A-span van die Hoërskool Sentraal en derde die span van die Hoërskool Sand du Plessis.

Die wenspan van Jim Fouché gaan op 30 en 31 Augustus aan die eindronde van die kompetisie deelneem.

In die water-afdeling het daar vanjaar 13 spanne van ses skole het deelgeneem.

Elke span moes ’n waterverspreidingsnetwerk vir ’n gemeenskap bou om drie liter water gelyk tussen drie punte op ’n kaart eweredig te versprei.

Die wenspan was die C-span van die Hoërskool Sentraal, tweede was die C-span van die Eunice High School en derde die B-span van die Eunice High School.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.