Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Span laat die speke roer

Twee Bloemfonteinse fietsryers het ’n roete-rekord opgestel en die eerste plek behaal in die mans-spankompetisie van die 36One-bergfietsuitdaging wat die naweek by Oudtshoorn beslis is.

Jaco Storm en sy spanmaat, Raymond Hartman, sê dit was ’n uitdagende wedren waar­tydens die temperatuur by die 47 °C gaan draai het.

“Hulle het vanjaar ’n nuwe roete gehad, met meer uitdagings. Ons het ook vroeër weggespring, wat vir ons meer tyd in daglig gegee het,” sê Storm.

“Dit het dit ook makliker gemaak om een van die grootste uitdagings op die roete, Rooiberg, voor sons­opkoms (Saterdag) te bereik.”

Die wedren wat normaalweg in ’n heelwat koeler Meimaand aangebied word, het Vrydag (13/11) om 15:00 begin.

Storm het dié moordende wedren al vier keer voltooi en Hartman twee keer.

“Gelukkig kon ons deur die inperking by ons oefen­program hou,” sê Storm.

In dié wedren klim fietsryers sowat 5 000 m en die hitte het ’n reuse-uitdaging aan al die deelnemers gebied.

“Dit het goed gegaan die eerste 80 km – daarna was dit taai,” sê Hartman.

“Van 80 km tot 130 km het ons dit stadig gevat sodat ek kon herstel. Jaco het my bly motiveer en my daaraan herinner om vloeistowwe te drink. Toe ons by die 130 km-merk kom, het ek soos ’n nuwe mens gevoel.”

Storm sê die moeilikste deel van die wedren was vir hom tussen 180 km en 300 km.

Die twee het die 361 km in ’n tyd van 17:30 voltooi.

“Ons is Mei beslis weer in Oudtshoorn om ons roete-rekord te verbeter,” sê Storm.

“Raymond is nog jonk, maar ek sien regtig baie talent in hom. Ek glo hy gaan nog groot hoogtes in fietsry bereik.”

Die derde Bloemfonteiner wat deur Dirk Lotter-vervoer geborg is, Johan Griessel. Hy het Saterdag aan die 180 km-wedren deelgeneem en die sesde plek behaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.