Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spanne kry pak in reeks

Spanne van Bloemfontein en Welkom het mekaar Saterdag (04/05) op verskeie velde in die Vrystaat-uitdaagbekerreeks gepak.

Die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het korte mette gemaak met die span van Mangaung 1 op Shimlapark met ’n wentelling van 110 – 10.

Nog ’n groot telling is opgestel toe die UV Irawas vir Collegians 1 met ’n allemin­tige 127 – 14 op die UV se rugbyveld 3 geklop het.

Ander wedstryde wat in Bloemfontein beslis is, is die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se Ixias wat Welkom-klub 1 op die SUT-stadion met 78 – 14 geklop het, die UV Colts wat die UV Ritsems met 37 – 7 gewen het en die UV se o.21-span wat Steyners 1 met 55 – 21 geklop het. Laasgenoemde twee wedstryde is op Shimlapark beslis.

In ander wedstryde het die Welkom Rovers 1 die span van Bloemfontein Polisie met 30 – 26 in Welkom gewen. Welkom Rovers II het Bloemfontein Polisie II met ’n telling van 23 – 18 geklop. In Bronville het die Bronville Pioniers die Bloemfontein Crusaders II met 57 – 0 afgeransel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.