Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Speler (10) slaan kolhou
Bernard Benade het Sondag (11/10) ’n kolhou geslaan ten tyde van die vyfde ronde van die gholfreeks vir junior spelers.Foto: Verskaf

’n Kolhou was die hoogtepunt van die vyfde ronde in die gholfreeks vir spelers 13 jaar en jonger wat Sondag (11/10) op die Schoemanspark-gholfbaan gespeel is.

Dit is die derde jaar dat dié reeks beslis word.

Bernard Benade (10) het op die sesde putjie ’n kolhou geslaan.

Terence Salo van Salo Sports Management sê geleenthede word vir jong spelers gebied om mededingend te speel.

“Ons wil spelers van jongs af die geleentheid gee om hul spelpeil te verbeter. Dit is die beginpunt vir die skole-, provinsiale en nasionale liga; die beginpunt vir toekoms­tige professionele spelers.”

Die spelers is in drie afdelings verdeel, met verskillende afslaanpunte.

Tiaan Louw was eerste in die blou afdeling, met Bernard tweede en Hanro Muller derde.

In die rooi afdeling was Calib Roos eerste, Jude Diederichs tweede en Nicolaas Vermeulen derde.

In die wit afdeling was Sollie van der Linde eerste, Juan Mostert tweede en Ruben Boshoff derde.

Die volgende ronde word op 8 November op Schoemanspark beslis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.