Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Speler 1ste SA vrou met dié Afrika-titel

Bloemfontein se nuutste Afrika-kampioen in pluimbal, Nita Scholtz (19), se mikpunt is nou die Olimpiese Spele in Tokio.

Nita, wat pas op die Afrika-spele in Rabat, Marokko, die vroue-pluimbal-enkelspeltitel verower het, was verlede jaar Bloemnuus se Let’s Play Sportster van die Jaar.

Die spele, wat net elke vier jaar plaasvind, is van 19 tot 29 Augustus aangebied.

Sy het elk van haar agt wedstryde gewen en in die eindstryd die voormalige Afrika-kampioen Dorcas Ajoke van Nigerië met 21 – 19 en 21 – 18 verslaan om die titel te verower.

Hiermee het sy die eerste Suid-Afrikaanse vrou geword wat die Afrika-spele se vroue-titel kon wen.

Saam met haar Bloemfonteinse spanmaat, Megan de Beer (15) van die Hoërskool Jim Fouché, het hulle ’n bronsmedalje in die vroue-dubbelspel op die spele gewen.

In die spankompetisie het Suid-Afrika ook ’n bronsmedalje gewen.

Om te kwalifiseer vir die Olimpiese Spele, moet Nita nou aan ongeveer tien internasionale ope-toernooie in ses maande deelneem om genoeg punte bymekaar te maak om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer.

Johan Kleingeld, pluimbalafrigter, sê om vir die Olimpiese Spele te kwalifiseer, moet jy ten minste onder die 50 topspelers in die wêreld wees.

“Met Nita se wil om te wen, is dit beslis ’n haalbare doelwit.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.