Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Speler het geen gelyke nie

Nita Scholtz van die Hoërskool Jim Fouché het die afgelope week gewys sy het nie haar gelyke in meisies-pluimbal nie.

Nita het op die Suid-Afrikaanse Junior Pluimbalkampioenskap in Pretoria, van 23 tot 30 Junie, vir die soveelste keer ’n nasionale enkelspeltitel verower.

Haar fokus gaan nou na senior toernooie skuif, maar haar oorheersing in Suid-Afrika gaan moeilik gebreek word, sê Johan Kleingeld van Vrystaat Pluimbal.

Nita was ook die dryfveer agter die Vrystaat se junior span se oorwinning in die spankompetisie in die eindronde van dié toernooi teen ’n baie sterk span van die Westelike Provinsie.

Dit is die sesde keer in agt jaar wat die Vrystaatspan die Suid-Afrikaanse junior spankompetisie wen.

Gelukkig vir Vrystaat is daar nou baie goeie jong spelers wat lus is vir wen en dit sal nie maklik wees om die Vrystaat te onttroon nie, sê Kleingeld.

Nita se prestasies het nie ongesiens verbygegaan nie.

Sy was vroeër vanjaar juis deel van die Suid-Afrikaanse senior span wat aan die Statebondspele in Australië deelgeneem het.

Die Olimpiese beweging het ook haar talent raakgesien en sy is deur Afrika Pluimbal op die Road to Tokyo-program geplaas.

Dit beteken dat sy nou ondersteuning gaan ontvang om haar te help om vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokyo te kwalifiseer. Slegs ’n klein groepie spelers van oor Afrika heen word vir dié program geïdentifiseer en dit is ’n groot verantwoordelik vir Nita om die beste van hierdie geleentheid te maak.

Haar eerste geleentheid is reeds waar sy uitgenooi is om van 19 tot 22 Julie aan die Lagos Internasionale Ope in Nigerië deel te neem.

Die prysgeld vir dié toernooi is R150 000. Belangriker egter as die prysgeld, is die goeie wêreldranglyspunte wat op die spel is.

Nita was sowat twee maande gelede nr. 29 op die Wêreld Junior-ranglys en haar beste op die Senior Wêreldranglys was 182.

Sy begin nou die pad stap om in 2020 hopelik onder die 50 topspelers in die wêreld te wees en dit sal haar die kans gee om vir die 2020 Olimpiese Spele te kwalifiseer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.