Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spelers hard aan die oefen
Pluimbal
Vier van die beste manspluimbalpelers in die Vrystaat is van links Daniel Steyn, Napo Mokoena, Caden Kakora en Johan Oberholzer.

Die frustrasies van streng in­perking is al vergete vir die toppluimbalspelers in die Vrystaat. Hulle is al ’n maand lank hard aan die oefen.

Spelers wat in die Suid-Afrikaanse groepe is, kon al van 27 Julie af volgens streng voorwaardes oefen. Die volgende groep spelers, dié wat in Vrystaat-groepe speel, kon op 12 Augustus inval.

Johan Kleinhans van Vrystaat Pluimbal sê die roes was duidelik met die eerste paar sessies, maar teen hierdie tyd is almal se spel op ’n redelike peil en die top­spelers volg ’n baie streng tegniese, sielkundige en kondisioneringprogram tot einde Oktober.

Amptelik is alle toernooie vir 2020 gekanselleer, maar met die inperking wat na vlak 2 aangepas is, is daar sprake dat toernooie wel teen November en Desember gespeel gaan word. Die plan is om eers ’n toetstoernooi vir senior en junior spelers in Benoni te hou en, as alles goed afloop, dan teen Desember of Januarie die Suid-Afrikaanse toernooie vir juniors en seniors aan te bied.

Kleinhans sê daar behoort in Oktober duidelikheid oor die program te wees en dus sal die spelers wat nou hard oefen, vir hul werk beloon word.

Vir 2021 is groot Afrika-toernooie in die vooruitsig vir die afdelings vir junior, senior en o.15-spelers. Baie van die Vrystaatspelers is aanspraakmakers op plek in Suid-Afrikaanse spanne.

Nita Scholtz, wat die Vrystaat se prima speler is, het ’n operasie aan haar enkel ondergaan en behoort teen 1 Oktober weer op die baan te wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.