Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spelers ’n pluimpie vir VS

Rianette Kemp van die Hoërskool Jim Fouché het die afgelope vakansie tydens die Suid-Afrikaanse o.17-pluimbalkampioenskapsbyeenkoms in Durban die vroue-dubbelspeltitel saam met haar spanmaat van Kaapstad, Surika Snyman, gewen.

Ook in die gemengde dubbelspel saam met Marnus van der Walt, het sy goed gevaar voordat hulle in die eindstryd die knie moes buig.

Soos gewoonlik het die jong Vrystaters behoorlik die medaljes ingeryg.

Benewens Rianette se goud en silwer, het Megan de Beer goud gewen in die enkelspel asook brons in die dubbelspel.

Nadine Naude en Inette Kotze, wat vroeër vanjaar die Suid-Afrikaanse o.15-dubbelspeltitel gewen het, het op dié byeenkoms ook goud gewen.

Al drie die Vrystaat se o.17-seuns, Caden Kakora, Marnus en Johann Oberholzer het medaljes huis toe gebring.

Johan Kleingeld, afrigter van Vrystaat Pluimbal, sê die balans tussen die enkel- en dubbelspelspelers in die Vrystaat is ’n groot voordeel in die spankompetisie en die span het die kompetisie oorheers.

Hulle het in vyf wedstryde, insluitend die eindstryd, almal met 8 - 0 gewen en slegs een punt afgestaan in die halfeindstryd teen Noord-Kaap wat met 7 - 1 afgeransel is. Die Vrystaat se B-span het vierde in die kompetisie geëindig.

Kleingeld sê wat die prestasie van die span versterk, is dat al die spelers in die A- en B-spanne volgende jaar steeds o.17 is en hulle eintlik deelneem teen spelers wat ouer is as hulle.

Die Vrystaters het vanjaar die o.15-, o.17- en o.19-spankompetisies op nasionale vlak gewen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.