Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spelers wil bal aan die rol kry
Net soos by alle rolbalklubs wil Kevin Mayne (links, president van die Munsies-rolbalklub) en Nic Mulder (klublid) graag hê lede moet so gou moontlik toestemming kry om weer op dié bane te mag speel. Regs: Die Munisipale rolbalklub se bane is gereed vir ywerige spelers wat weer hier wil kom oefen.Foto’s: Lientjie Mentz

Saterdag (20/06) was daar by die Munsies-rolbalklub se geslote hekke talle ywerige rolbalspelers wat teleurgesteld moes omdraai huis toe nadat pres. Cyril Ramaphosa verlede week aangekondig het dat nie-kontaksport weer kan begin.

Kevin Mayne, president van die Munisipale rolbalklub (Munsies), sê alle proto­kolle is in plek en dié klub het reeds ’n sertifikaat van nakoming ontvang.

“Ons moet egter wag vir die amptelike aankondiging deur die minister van sport voordat oefening kan voortgaan,” het hy Dinsdag (23/06) gesê.

“Lede is op hete kole en wil baie graag weer begin speel. Ons het alles gereed gekry sodat die klub aan nuwe maatreëls sal voldoen sodra ons die amptelike toestemming kry.”

Rolbal Suid-Afrika het op 17 Junie planne van hoe daar met die speel van rolbal in hierdie pandemie-tyd voortgegaan sal word, aan Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, gestuur.

Die minister het op 20 Junie in ’n mediaverklaring gesê daar is begin met ’n proses om aan organisasies wat nie-kontaksport beoefen weer toestemming te gee om te begin oefen.

Mayne sê Covid-19 het dié en ander rolbalklubs geldelik erg geknou.

“Met slegs die ledegeld sal ons klub net drie maande kan oorleef.”

Die klub het 78 lede.

“Ongeag die pandemie moet uitgawes steeds betaal word. Werknemers moet betaal word en die klub se twee bane moet onderhou word.

“Ons het die grootste gedeelte van ons jaar se inkomste verloor omdat die vier sake-toernooie wat jaarliks van Maart tot Junie aangebied word, gekanselleer is.”

Meer as 112 mense van ondernemings oor die stad heen neem elke jaar aan dié toernooie deel.

Mayne sê daar is ook meer as sewe gesellighede wat by die klub aangebied sou word, en wat tot ’n deel van die inkomste bydra, wat afgestel is.

Hertzog Meiring, wat in 2012 sy nasionale kleure in rolbal verwerf het en in toernooie in Botswana, Zimbabwe en Namibië meegeding het, sê hy eet, slaap en speel rolbal.

“Ek speel al 40 jaar rolbal. Dit is my passie en ons wil almal net weer begin speel.”

Meiring is ook die baanopsigter. Hy en ander vrywilligers het aan die begin van die inperking, toe die werknemers nie kon werk nie, self die bane gesny en terrein netjies gehou.

“Die bane is gereed,” sê hy.

Mayne sê Suid-Vrystaat-kompetisies word gereeld op dié bane beslis.

Munsies se twee rolbalfeeste vind jaarliks in September en Desember plaas, en daar sal vorentoe nog oor dié feeste besin moet word.

“Dit is net baie moeilik om in hierdie omstandighede borge vir ’n toernooi te kry,” sê Mayne.

Die Munisipale rolbalklub se bane is gereed vir ywerige spelers wat weel hier wil kom oefen.Foto’s: Lientjie Mentz

“Ons hoop net ons kan gou weer die bane aan lede oopstel.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.