Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spieëlbeeld-sangers open fees

Dit was nog altyd in die sterre – op die een of ander tyd móés Dozi en Refentse saam musiek maak. Want soos Anton Goosen sê, “Refentse is mos ’n omgekeerde Dozi”.

Toe gebeur dit, en nêrens anders nie as in Bloemfontein, as eerste konsert vir vanjaar se Vrystaat Kunstefees.

Hulle sing in ’n mengelmoes tale, maar die wysies sal almal ken – “Son­vanger”, “Lisa se Klavier”, “Ou ryperd”, “Jantjie”, “Halala Afrika”, “Knocking on Heaven’s Door” en vele meer.

Dozi is Afrikaans en praat vlot Zoeloe. Refentse praat vlot Afrikaans, maar sy huistaal is ’n mengsel van Zoeloe, Tswana en Sotho. Wanneer hy sing, is dit egter in Afrikaans. Refentse sê hy het as gr. 1-leerling aan die Afrikaanse skool Unitaspark in Vereeniging lief geraak vir die taal.

Hy was 17 toe hy drie jaar gelede “ontdek” is en het sedertdien twee albums, My hart bly in ’n taal en Deur my venster, uitgereik.

Henk Opperman, oftewel Dozi, het op hul plaas by Evander met Zoeloe grootgeword.

Eers het hy in die polisie-orkes gespeel, toe les geneem by die kitaarspeler Hansie Roodt, en in klubs, kroeë en restaurante gesing.

In 1999 het hy sy eerste CD, Mercy, opgeneem en daarna die skakel tussen wit en swart geword wanneer hy gevra is om Afrikaanse liedjies in Zoeloe te sing. Die een CD ná die ander het gevolg en kort voor lank was Dozi ’n huishoudelike naam.

Hy sing jare al in teaters en op feeste, alleen en saam met ander sangers, en nou ook saam met sy “omgekeerde self”.

Mauritz Lotz (kitaar), Leon Janse van Rensburg (baskitaar) en Vinnie Henrico (tromme) staan hulle by.

  • Die vertoning is Sondag (08/07) om 19:30 in die Kopanong-ouditorium (Kovsiekerk). Kaartjies kos R140 by Computicket.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.