Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sportster aangewys

Lu-Zahn Jansen van Rensburg (17), ’n gr. 12-leerling aan die Hoërskool Sentraal, is die April-wenner van Bloemnuus en Let’s Play se Sportster van die Maand-kompetisie.

Lu-Zahn is sedert 2013 deel van die Vrystaatse atletiekspan wat jaarliks op die Suid-Afrikaanse kampioenskapsbyeenkoms meeding. Sy is ook sedert 2014 deel van Vrystaatse A-netbalspan wat jaarliks aan die Suid-Afrikaanse netbaltoernooi deelneem. Sy speel ook vir die Hoërskool Sentraal se eerste netbalspan, wat die Wildeklawer-topskoletoernooi in Kimberley gewen het.

Op Sentraal se top-20 atletiekbyeenkoms wat vroeër vanjaar plaasgevind het, het Lu-Zahn aan die 100 m-hekkies vir o.19-meisies deelgeneem. Sy was tweede met ’n tyd van 15.82 sekondes.

Op Atletiek Suid-Afrika se atletiekbyeenkoms het Lu-Zahn ’n vierde plek vir die 100 m-hekkies behaal.

Skryf in vir Bloemnuus en SuperSport se Let’s Play Sportster van die Maand deur ’n e-pos te stuur inskrywings na Lynne Landman by 051-522-9574 of stuur ’n e-posna supersport@­zpr.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.