Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sportwenner

Joanette Niemand (17), ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Fichardtpark, is gekies as die Augustus-wenner vir Bloemnuus en Let’s Play se Sportster van die Maand vir haar puik prestasies in tennis en hokkie.

Joanette speel al vanaf 2015, vandat sy in gr. 8 is, vir die skool se eerste hokkiespan.

Sy is hierdie jaar die kaptein van die skool se eerste span en is vanjaar vir die volgende hokkiespanne gekies: Bokkie-hokkie se o.19-Vrystaatspan, die Gazelle-o.18-hokkiespan en die Suid-Vrystaat se o.18-hokkiespan.

Joanette neem buite skoolverband aan die Women’s League deel.

Sy speel boonop tennis vir die eerste span.

Haar leuse is: “ ’n Kampioen

is iemand wat opstaan al kan hy nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.