Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Spyskaart bemagtig

Vrolike kleure, prente, kleurvolle dekor en teksture verwelkom besoekers aan Iewers Nice in Westdene, ’n unieke, byderwetse eet- en kuierplek.

Daar is egter mense wat hier instap en niks daarvan kan beleef nie en ook nie self van die geregte op die spyskaart kan kies nie.

Dit is om dié rede dat Andries Coetzee besluit het om sy nuwe spyskaart in braille te laat vertaal.

Martie Pretorius Miranda, hoof van die Universiteit van die Vrystaat se Universal Access and Disability Support (CUADS) het aangebied om die spyskaart te omskep in braille wat gesiggestremde mense kan lees.

Die idee was dat swaksiendes en blindes nie net die spyskaart self kan lees nie, maar ook ’n idee kan kry van die stories en grappies in die spyskaart.

“Ek het gesien hoe blinde mense van ander afhanklik is om spyskaarte te lees en hul kos te bestel. Met die braille-spyskaart gee ek blindes die geleentheid om onafhanklik te wees en hul eie besluite te neem. Ek wou graag hê dat gesiggestremde mense ingesluit word by die kuier om ’n spyskaart.”

Andries sê die nuwe spyskaart beïnvloed nie net hul onafhanklikheid nie, maar ook hul waardigheid.

Een van die bekende gesiggestremdes wat al saam met vriende hier kom eet het, is die atleet Louzanne Coetzee.

Andries sê die idee met Iewers Nice, wat verlede week sy tiende verjaardag gevier het, is om vir mense ’n plek te gee om te kuier rondom kos. Die braille-spyskaart is sy poging om terug te gee aan die gemeenskap en die grense van toeganklikheid vir gestremde mense te verskuif.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.