Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stem vir jou gunsteling-fees

Die Vrystaat Kunstefees is ’n derde jaar agtereenvolgens vir ’n kykNET Fiësta benoem, as een van die gewildste Afrikaanse kunstefeeste.

Vir dié fees om as fees van die jaar gekroon te word moet soveel as moontlik mense voor Maandag (14/01) daarvoor stem.

Ricardo Peach, direkteur van die Vrystaat Kunstefees, sê dit is reeds ’n eer om saam met die KKNK, Suidoosterfees, US Woordfees, Innibos en Aardklop benoem te word.

Dit sal egter baie harte bly maak en die kroon span op ’n unieke fees as die Vrystaat dié keer die beeldjie huis toe bring.

Peach lig die sterk gemeenskapsbetrokkenheid van die Vrystaat Kunstefees as ’n pluspunt uit, asook inklusiwiteit sonder om afbreuk te doen aan die Afrikaanse kern van die fees.

Stem op kyk-net.dstv.com of www.vrystaatkunstefees.co.za. Die Fiëstas word op 14 Februarie op ’n glansgeleentheid in die Kunstekaap oorhandig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.