Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sterkman bult spiere oorsee

Bloemfonteinse sterkman Chris van Rensburg (28) gaan van 7 tot 9 Desember aan die Wêreld-sterkmankompetisie (in die kategorie ligter as 80 kg) in Raleigh in Noord-Carolina, Amerika, deelneem om sy kragte teen internasionale sterkmanne te meet.

Chris neem al sedert 2010 aan gewigstoot deel, maar dit is dié sterkman-kompetisies wat sy eintlike passie is.

Hy het die afgelope twee jaar behoorlik die titels in die ligter as 80 kg-kategorie ingeryg.

In 2016 was hy die wenner in die Afrika- kwalifiserende sterkmankompetisie en in dieselfde jaar eerste in Afrika se sterkmankompetisie.

In 2017 was hy eerste in die Arnold Classic Afrika- kwalifiserende kompetisie én in die Arnold Classic Afrika- internasionale sterkmankompetisie.

Vanjaar was hy eerste in die Arnold Classic Afrika- kwalifiserings-kompetisie, eerste by die Suid-Afrikaanse kwalifiseringskompetisie en by die Arnold Classic Afrika- internasionale sterkmankompetisie.

Hy is daarna na die Wêreld se sterkmankompetisie in Amerika genooi.

Chris is baie opgewonde om nou die eerste keer aan so ’n kompetisie oorsee deel te neem.

Chris sê hy is al ’n paar keer genooi, en die mense wat saam met hom by die Muscle Pro-gimnasium in Dan Pienaar oefen, het hom aangemoedig om dié keer die groot stap te neem en internasionaal deel te neem.

Saam met sy afrigter, Ricardo Baretto, oefen hy weeksdae twee uur lank en Saterdae is dit vier uur se harde oefening.

Al die oefening baat hom goed, want hy het in Mei vanjaar tydens ’n kompetisie sy boarmspier geskeur.

Hy sê egter hy is nou weer fiks en gereed vir deelname oorsee.

Hy is een van net drie Suid-Afrikaners wat na dié

kompetisie in Amerika genooi is.

Chris sê die kompetisie bestaan uit sewe verskillende aktiwiteite wat oor drie dae beslis word.

Die wenner is die een wat die meeste punte gesamentlik aanteken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.