Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stert swaai weer ná slangbyt

Menige hond het al ’n onderonsie met ’n slang gehad en Tom van den Heever van Dealeweg is maar net te dankbaar dat sy klein Fabby haar “ontmoeting” met ’n slang oorleef het.

Van den Heever het, soos hy dikwels doen, op Sondag 8 April met sy motor stadig op uitdraaipaadjies van Raymond Mhlabastraat af uitgery terwyl sy twee schnauzertjies in die veld draf.

Hy het gesien hoe die reuntjie, Flooi, vir iets blaf en het aanvanklik gedink dit is ’n skilpad. Die tefie, Fabby, het gaan kyk wat aangaan en toe sy terugkom na die motor, sien hy iets het haar aan die keel beetgekry.

Die veearts was nie daardie Sondag beskikbaar nie en Maandagoggend vroeg het hy Fabby na dr. Pieter Jansen van Rensburg geneem. Hier is sy met slang­serum ingespuit. Fabby was daarna in ’n koma en het ’n week by die veeartspraktyk gebly totdat sy herstel het.

Jansen van Rensburg verduidelik dat dit waarskynlik ’n pofadder is wat die schnauzer gebyt het. Dit kon gesien word deurdat die hondjie vinnig opgeswel het, wat daarop dui dat dit ’n slang met sitotoksiese gif was. Indien ’n hond deur byvoorbeeld ’n Kaapse Kobra (geelslang) – wat neurotoksiese gif het – gebyt word, sou dit die senuweestelsel aanval en sou die hond vinnig ophou om asem te haal.

Jansen van Rensburg sê mense moet hul honde so vinnig moontlik ná ’n slangbyt by ’n veearts kry sodat hulle met slangserum ingespuit kan word. Hy sê boererate werk beslis nie – tensy daar geen gif by die slangbyt ingevloei het nie.

Hy sê daar is redelik baie slange in die veld ná die reën en mense moet oplettend wees wanneer hulle met hul honde gaan stap.

Hy waarsku ook dat wanneer ’n hond wel met ’n slang baklei, eienaars liewer nie die hond se aandag moet aftrek deur hom te roep of van die slang te probeer wegkry nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.