Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stil toernooi ’n rasende sukses

Met die eindstryd in die heel eerste Stones-beker- interprovinsiale rugbytoernooi vir spelers met gehoorgestremd­hede Saterdag (06/04) in die Toyota-stadion het toeskouers opgemerk hoe ongewoon stil dié wedstryd is.

Die saamgestelde Suid-Afrikaanse uitnodiging-XV-tal, waarvan talle spelers nie vorige rugby-ervaring het nie, het hier aan die einde van die wedstryd hard probeer om punte aan te teken teen die seëvierende Blou Bulle. Die Blou Bulle was die kampioenspan in dié toernooi, wat van 30 Maart tot Saterdag in Bloemfontein beslis is.

Michael Oosthuyzen, afrigter van die Blou Bulle, sê die byeenkoms was ’n hoogtepunt vir al die spelers.

Hy vertel die Blou Bul-spanlede speel almal vir klubspanne in Pretoria en het as span byeen gekom vir dié unieke toernooi, waarin vier spanne teen mekaar kragte gemeet het.

Die ander spanne was twee spanne van die Wes-Kaap, die WP Thunder en die WP Cyclones. Die Suid-Afrikaanse uitnodiging-XV-tal is saamgestel uit spelers van KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en een van Bloemfontein.

Die Suid-Afrikaanse Rugbylegende­vereniging (Sarla) het die truie van die uitnodigingspan geborg.

Die senter vir die Blou Bulle, Leon Willemans, was die puntemasjien van die byeenkoms en het ’n allemintige 11 drieë en 18 doelskoppe aangeteken en so altesaam 91 punte vir sy span verdien.

Die toernooi is genoem na Tim Stones, ’n voormalige president van die Suid-Afrikaanse rugby-unie vir dowe spelers, wat die trofee vir die toernooi geborg het.

Aan die einde van die toernooi is die Stones-beker-sterspan gekies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.