Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stuk gee blik op huwelik

Soos gereeld in die huwelik gebeur, was Angela die laaste om van haar man se ontrouheid uit te vind en sy was verslae toe “manlief” ná een van sy sakereise met die sak patats uitkom: “Ek is jammer, maar ons lewe net een keer en ons huwelik is al jare lank emosioneel dood.”

Só begin My Brilliant Divorce, ’n solo-toneelstuk deur Geral­jdine Aron oor die pad wat mev. Angela Kennedy-Lipsky deurworstel wanneer sy van haar Britse man skei nadat sy hom haar hele volwasse lewe lank bemin het.

Jani Marais, ’n honneursstudent in drama aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), vertolk die rol van Angela en haar stryd om sin uit haar lewe te maak.

Daar is slegte dae en goeie dae, soms beland sy in ’n verleentheid, ander kere is haar storie ontroerend en humoristies. Die dramadosent Thys Heydenrych is die regisseur.

Die stuk is op 3 en 4 Oktober om 19:30 in die Scaena-teater op die UV-kampus op die planke. Kaartjies kos R20 tot R40 by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Bloem Nuus Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.